Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Geneties verbeterde saad ‘deurslaggewend’
Wenner
Verloorder
‘Ongekende klimaat’ is moontlik dié seisoen • Die vroeë ontwikkeling van die El Niño-verskynsel in die 2026-’27-seisoen kan rekordhoë see-oppervlaktemperature tot gevolg hê. Boere word aangeraai om in die komende somer “slim met water te boer”.
Al wat saak maak, is dat boere geld maak
Briewe
As staatshulp die verkeerde mense help
Eerste ‘skoon’ buffels toets positief vir BKS in Limpopo • Bek-en-klouseer (BKS) is vir die eerste keer by ’n trop siektevrye buffels in Limpopo gediagnoseer nadat ’n wildboer van Gravelotte simptome van dié siekte by sy swartwitpense waargeneem en sy buffels getoets het.
‘Tot 40 miljoen entstofdosisse in SA verwag teen siekte’ • Die proses is aan die gang om boere toe te laat om as gemagtigde persone te registreer om entstowwe teen bek-en-klouseer (BKS) te kan koop. Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê tot 40 miljoen entstofdosisse kan in die volgende paar maande in die land verwag word.
Loop lig vir bedrieërs
Die Rassie van landbou se bomb squad • Hy glo die Suid-Afrikaanse landbou het, soos die Springbokrugbyspan, ’n bomb squad nodig om die wa deur die drif te trek, veral wat die bek-en-klouseerkrisis betref. Hy sien sy eie rol hierin as dié van afrigter Rassie Erasmus, “want die minister moet oral wees en nie net in een posisie speel nie”.
Boere sien uit na gedeeltelike heropening van Meiringspoort • Boere en ondernemings in Oudtshoorn en De Rust, wat afhanklik van verkeer deur Meiringspoort is, is verlig oor die Wes-Kaapse regering se planne om die pad wat daardeur loop, hopelik teen Desember vanjaar gedeeltelik te heropen.
Oos-Kaap: Haglike paaie vereis optrede
‘Dink op wie se tafel jou kalf se vleis gaan beland’ • Dekades lank was dit vir baie Suid-Afrikaanse beesboere genoeg om ’n goeie speenkalf te produseer en aan ’n voerkraal te verkoop. Wat daarna met die dier gebeur, was iemand anders se verantwoordelikheid. Daar is egter geleenthede in die vleisbedryf wat met ’n meer markgerigte boerderybenadering ontsluit kan word vir boere wat meer as speenkalwers wil produseer.
Graan SA ‘gaan aanhou baklei’ oor liggingsdifferensiaal • Die Johannesburgse Effektebeurs wil na ’n enkelverwysingspuntstelsel vir die sojaboonliggingsdifferensiaal terugkeer. Dié besluit is ook ’n terugslag vir die land se koringboere, sê Graan SA, wat van plan is om daarteen vas te skop.
Voedselsekerheid ‘gaan oor meer as beskikbaarheid’ • Voedselsekerheid gaan nie net oor voedselbeskikbaarheid nie, maar ook oor of mense inkomste, werk en ekonomiese geleenthede het om dit te koop.
Meester se besluit omgekeer om likwidateurs te verwyder • In ’n belangrike uitspraak is die besluit van die meester van die hooggeregshof in Bloemfontein om drie likwidateurs van Jonker Produkte BK te verwyder weens ’n gebrek aan regverdige prosesse en vereistes, tersyde gestel.
Wêreldekonomie stabiliseer, maar SA bly agter • Ná die jongste olie- en konflikskokke begin die wêreldekonomie tekens van stabilisering toon, maar Suid-Afrika bly vasgevang in stadige groei, hoë werkloosheid en swak verbruikersbesteding. Vir die landbou beteken dit een ding: Uitvoermarkte bly noodsaaklik, want die binnelandse mark groei eenvoudig te stadig.
Afrika, die honger vasteland • Suid-Afrika sit met ’n rekordoes en uitvoerbare surplusse, terwyl groot dele van Afrika dieper in voedselnood wegsak. Dit...