Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
‘As Langeberg Foods suksesvol kan wees, hoekom nie Premier nie?’ • Charl Herbst, ’n inmaakboer van Tulbagh, is verkies tot voorsitter van ’n produsentekomitee wat oplossings moet vind vir die krisis waarin inmaakvrugteprodusente gedompel is ná die Premier-groep se aankondiging dat hy sy inmaakfabriek op Tulbagh gaan sluit. In ’n onderhoud met Lucille Botha draai hy nie doekies om oor dié vurk in die inmaakpad nie.
Wenner
Verloorder
Die verassende wysheid van teenoorgesteldes
Briewe
’n Vennootskap wat meer as finansiering bied • Moderne boerderye vereis ’n langtermynvennoot wat die landbou, die werklikhede van boerdery en die ambisies van die besighede wat die sektor dryf, verstaan.
As buffels nie meer ‘skoon’ is nie
SA entstof nie in VK getoets: Kenners skepties oor trefkrag
Inenting: Wes-Kaap, Noordwes vorder; syfers oor opvolge belangrik • Talle boere is tans onseker oor die situasie rakende entstof teen bek-en-klouseer in Suid-Afrika, en sê hulle en hul veeartse sukkel om antwoorde te kry oor wanneer dit beskikbaar gaan wees.
Gevallestudie: Só raak siekte een boer se inkomste • Verliese van meer as R1,7 miljoen in agt maande... Dít is waarop ’n stoetboer van Noordwes sy bykomende uitgawes, veeverliese en voorlopige verlies aan toekomstige inkomste bereken het sedert bek-en-klouseer in September verlede jaar op sy plaas uitgebreek het. Hy het ook die inkomste van sy voerkraal verloor omdat hy dié vertakking van sy boerdery moes laat vaar.
Klem op uitvoer én plaaslike kossekerheid ‘albei moontlik’ • Landboukommoditeitspryse toon tans ’n duidelike afwaartse neiging. Om mededingend te bly, sal Suid-Afrikaanse boere se produktiwiteit teen dieselfde koers as dié van hul mededingers moet styg óf beter wees.
9 MEGA-NEIGINGS • Dié faktore kan die landboutoekoms en-verwerking vorm.
Staat gee nog nie bes oor kritieke punte • Sorg dat jou boerdery of landbou-onderneming se waterlêer bygehou word met ál die nodige inligting sodat jy paraat is vir die omvangryke en ingrypende veranderinge wat die waterlandskap in Suid-Afrika kan ondergaan, sê ’n kenner.
Likwidasiesaak: Louis Jonker vra om verlof tot appèl • Die regsgeskil rakende die likwidasie van Jonker Produkte BK word gekenmerk deur teenstrydige hofuitsprake, wat die kollig opnuut plaas op die toesigrol van die meester van die hooggeregshof en die regte van belanghebbendes.
Die vere waai – of is dit ’n geval van ‘vere voel’? • Boere in die hoenderbedryf is onder druk weens die departement van handel, nywerheid en mededinging se onbeholpenheid en aspris houding. Tot wanneer gaan die departement toegelaat word om soveel skade aan ’n beleërde bedryf te berokken?
NWK se syfers bloei in goeie landboujaar • Die gebied waarin NWK sake doen, is in ’n deel van Suid-Afrika wat kwesbaar vir gevolge van ’n El Niñojaar is, en gevaarligte flikker nadat die maatskappy swak syfers in ’n relatief goeie landboujaar behaal het.
Die familieplaas en demensie: Oorweeg ’n spesiale trust • ’n Diagnose van demensie bring dikwels onsekerheid mee, maar deur vroegtydig vooruit te beplan, kan toekomstige finansiële probleme voorkom word.
Kunsmatige rusbreking handig, maar neem dít in ag
Herderveeboere se kennis kry ál meer erkenning
KI by vrugte: Beter oeste met minder water
Sakeredding in die landbou: Wees bedag hierop • Die ekonomie bloei, sommige plase gee hul bates as borg om graan...