Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Wees voorbereid op gevolge van El Niño
Wenner
Verloorder
‘Misdaadbestryding begin in jou huis’ • Landelike veiligheid kan nie op plase eindig nie en misdaadbestryding begin eintlik in élke Suid-Afrikaanse huis, sê lt.genl. Jan Scheepers, wat van 1 Augustus Limpopo se polisiekommissaris is.
’n Draai in die Groot-Karoo
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Boere se pad na mark bly lank en swaar
Breëriviervloed: ‘Jy koop jou plaas dubbeld terug’ • Die koste om wingerde langs die Breërivier skoon te maak ná die vloed in Mei – die ergste in sowat 200 jaar – kan só hoog wees dat ’n eienaar as’t ware sy of haar plaas ‘weer moet koop’, en van die boere wil hul plase voetstoots op die mark sit.
Ingevoerde entstof sorg vir 94% van OBP se plaaslike verkope • Nadat hy glo nie op ’n skorsingsbrief gereageer het nie, is ’n ondersoek na aantygings van ernstige wangedrag oor die prysbepaling van bek-en-klouseerentstof die volgende stap teen dr. Jacob Modumo, waarnemende hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP). Dit volg op onthullings in die parlement dat OBP die staat glo tot dubbeld die prys van ingevoerde entstof gevra het.
‘Besluit oor verpligte inenting dringend nodig’
SA bly in ‘ingewikkelde posisie’ • Suid-Afrika se graan-en-oliesadebedryf gaan die 2026-’27-seisoen in ’n ingewikkelde posisie binne: Plaaslike voorraad is volop ná ’n rekord-mielieoes, maar die koringbedryf verkeer onder erge druk, terwyl ’n ontwikkelende El Niño om die draai is, sê Absa Agri.
Rekordseisoen naby einde, maar struikelblokke wag
SA kan 5 miljoen ton witmielies aan Kenia lewer – as dié land dit toelaat • Kenia moet besluit of sy inwoners se behoefte aan kos swaarder weeg as die land se verdelende debat oor geneties gemodifiseerde (GM) voedselgewasse. Volgens die Amerikaanse departement van landbou het dié land in Oos-Afrika te doen met ’n tekort van tot 2,3 miljoen ton witmielies.
‘Kunsmis-aankope moet oor tydperk versprei word’ • Produsente en insetverskaffers moet hul kunsmisaankope, waar prakties moontlik, oor ’n langer tydperk probeer versprei eerder as om dit nou binne ’n seisoenale tydgleuf te konsentreer.
Hoëgehalte-uitvoermarkte: Sitrus span die kroon
‘Moenie georganiseerde landbou vir sosiale media gee nie’ • Hoewel sosiale media ’n nuttige stuk gereedskap in die landbou se gereedskapkas is, is dit nie die ideale plek om ingewikkelde kwessies te probeer oplos of te debatteer nie.
Boere ‘in 1ste loopgraaf in stryd teen onteiening’ • Die landbou moet méér as net ’n standpunt oor onteiening sonder vergoeding hê, sê dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbou-organisasie Saai. “Daar moet ’n plan en strategie wees vir die dag wanneer jou nommer uit die hoed getrek word.”
Inkbessie eis agt beeste binne enkele dae • Agt beeste uit ’n kudde van 200 het binne enkele ure ná inkbessievergiftiging gevrek in ’n gebied waar boere dit nog nie vantevore ervaar het nie.
El Niño-vrese jaag graanpryse op • Voorspellings van ’n ‘super-El Niño’ het graanmarkte laat vlam vat, maar die skerp styging in pryse word tans meer deur vrees en spekulasie as harde markgrondbeginsels aangedryf. Produsente en kopers moet nou marges beskerm en plantbesluite neem wat risiko beperk.
Soet verligting, suur werklikheid vir SA se suikerbedryf • Suid-Afrika se suikerbedryf kry broodnodige tariefverligting ná ’n skerp toename in goedkoop...